Atacama Crossing Blogs 2013

Amanda De Kock

4

Posts

Atacama Crossing (2013) blog posts from Amanda De Kock

08 March 2013 03:55 am (GMT+08:00) Beijing, Chongqing, Hong Kong, Urumqi

Hallo vir die laaste keer uit sie Atacama. Dankie vie al die boodskappe, ek waardeer dit sooooo baie.
long march was nie te erg nie, ek het van CP 2 saam met Italiaanse vrou gestap, sy kan skaars Engels praat, maar ons het heeltys gechat. sy het my geleer hoe om in Italiaans te tel ens ens.
tussen cp 4 en cp 5 het ek swaar gekry, het te min water gehad en die laatmiddag son het neergebak. by cp5 het ek lekker geeet en baie gedrink, toe is alles weer 100%. laaste 2 ure was in die donker...die sterre is ongelooflik mooi en helder.

my lyf is heeltemal ok, net my voete is regtig seer. slegte blase, maar ek sal dit maak. vandag lekker rusdag.
Ek verlang huis toe, sien julle een va die dae.

baie liefde

Comments: Total (7) comments

Pieter Potgieter

Posted On: 10 Mar 2013 02:14 am

Baie geluk, en welgedaan!

marie grobler

Posted On: 09 Mar 2013 07:40 pm

Well done!! Jy kook! Veilig trug vlieg en geniet die celebrations van klaar wees. Jy is n yster vrou

Ma Una & Pa Gerhard De Kock

Posted On: 09 Mar 2013 04:10 pm

Baie baie geluk Hoera,hoera, hoera Uit Suid Afrika Vir onse Amanda Jy klop die Atacama

Nicola van Reenen

Posted On: 09 Mar 2013 10:28 am

Baie geluk! Die einde is in sig! BAIE trots op jou! Hoop jy is alreeds ingeboek vir 'n spa-naweek terug by die huis...

Lizel Moolman

Posted On: 09 Mar 2013 07:25 am

Baie sterkte vir die laaste dag! Ons dink aan jou en kan nie wag om alles in detail te hoor as jy terug is nie. Liefde

Charles de Villiers

Posted On: 09 Mar 2013 05:37 am

Dankbaar en baie trots en .............YES, YES, YES!!!!!

Gerda Scholtz

Posted On: 09 Mar 2013 04:39 am

Wanneer jy hierdie kry, is dit alles verby! Ek glo jy sien uit na 'n lekker bad en normale kos! Ons mis jou en kan nie wag om jou te sien. Weereens geluk met jou enorme prestasie en dapperheid! Jy is fenominaal! Liefde Gerda

06 March 2013 02:48 am (GMT+08:00) Beijing, Chongqing, Hong Kong, Urumqi

Hallo hallo. 1000de dankies vir elke e-mail , ek waardeer dit vreeslik baie. Hoop dit gaan goed met julle almal. Mis julle baie.


Vandag was nog my lekkerstedag sover. Ek was vrek stadig, maar het vroeg saam met ‘n skotsman begin stap en ons het bymekaar gebly deur die ongenaakbare salt flats. Alles goed sover, my voete is vrot van die blasé en my heup kla bietjie, maar verser perdfris.


More is dit 73km, julle moet asb hard bid. Ek gaan nou eet en slap


Groete en baie liefde

amanda

Comments: Total (26) comments

Marlene de Villiers

Posted On: 08 Mar 2013 03:10 pm

Ek hoop jy rus lekker vandag! Jy is ongelooflik, ons is so trots op jou. Dit gaan baie goed met die kids, baie soet. Ek wens ons kon langer bly. More gaan nog n tawwe dag wees, moenie te vinnig probeer gaan nie. Ons sal lank gesels as jy terug is. Baie liefde van Pa en Ma xx

Wilna De Bruyn

Posted On: 08 Mar 2013 07:57 am

Sjoe Amanda. Jy is amazing!! Baie bly jy het die long march survive. Sterkte vd laaste skof. Hou bene hou. Wilna xx

Hettie Viljoen

Posted On: 08 Mar 2013 06:52 am

Ons is ongelooflik bly vir jou. Baie geluk!

Gerda Scholtz

Posted On: 08 Mar 2013 06:03 am

Yeay!!!! Yeay!!! Yeay!!!! Baie baie geluk!! Jy is die fenominaalste vrou wat ek ken!! Trane van blygeit vir jou. Ons is geweldig trots en dankbaar vir jou fenominale prestasie.Jy verdien dit oor en oor!Baie liefde Gerda

Una @ Gerhard De Kock

Posted On: 08 Mar 2013 05:43 am

Hoera hoera, onse Amanda, ons stort trane van dankbaarheid @ loof Ons Vader watjou sover gebring het,rus vandag goed uit en geniet die laaste deel van die wedloop met die nuwe vriende wat jy gemaak het.

David Barnard

Posted On: 08 Mar 2013 04:53 am

Baie baie geluk met die "Long March". Fantastiese prestasie!!!

Danie en Gerda Smit

Posted On: 08 Mar 2013 04:32 am

Hi Amanda, baie geluk met die "Big March" se voltooiing!!! Excellent!! Ons is so bly dit gaan goed met hierdie groot ondervinding. Jy gaan dit nog baie lank onthou. Daars die mooiste fotos van jou op die web site. Geniet die laaste paar kms! Danie en Gerda

Dalene Barnard

Posted On: 08 Mar 2013 03:16 am

DIT IS KLAAR!!!!!!! Ons vee ook trane af Dis fantasties Jy is regtig special BAIE BAIE Geluk Jou tyd vandag was ongelooflik. Baie Geluk!!! Geniet nou net die laaste ruk daar in die kamp.

Pieter Potgieter

Posted On: 08 Mar 2013 02:56 am

Ongelooflik!! Jy is absoluut merkwaardig......... (ek sit nou en trane afvee) Ek hoop jy rus die res van stage 5 lekker, en vertroetel maar die seer en moee voete en lyf. Saterdag is darem net 16km, dan "mag" jy maar die "T-shirt" dra. Nogmaals geluk Amanda. Ons is almal baie trots op jou. Liefde en groete van almal hier.

De Kock Una

Posted On: 07 Mar 2013 09:05 pm

Liefste drawwertjie, Noudat die sterre begin verskyn vra ons ons dierbare Here die "Helder Morester" om elke tree by jou te wees en jou die krag te gee om veilig die eindpunt te bereik. Wees verseker jy is nooit alleen daar nie. Hope Karooliefde van Pa G. ook.

Ria BURGER

Posted On: 07 Mar 2013 07:42 pm

Sterkte! Dis ongelooflik! Dink aan jou. Groete, Ria.

Thea Kilian

Posted On: 07 Mar 2013 05:36 pm

Hi Amanda Jy doen fantasties! Vasbyt, jy is amper daar!

Thea Kilian

Posted On: 07 Mar 2013 05:36 pm

Hi Amanda Jy doen fantasties! Vasbyt, jy is amper daar!

Charl de Kock

Posted On: 07 Mar 2013 04:30 pm

Bly jy geniet dit, dit is duidelik in die stage 4 fotos! As jy die boodskap lees is die long march agter die rug. Vasbyt, sterkte hier is ongelooflike support vir jou! Ons is baie trots en baie liefde Charl

Antoinette van der Westhuysen

Posted On: 07 Mar 2013 02:30 pm

Amanda jy doen fantasties.Ons dink aan jou en bid vir jou. Liefde Antoinette

Marlene de Villiers

Posted On: 07 Mar 2013 02:03 pm

Dis lekker om van jou te hoor! Almal wat ek ken bid vir jou. Onthou net die belangrikste is om dit te geniet, en kom tog net in een stuk terug. Pa stuur ook groete en baie liefde, en ons dink elke oomblik aan jou! pa stuur groete

De Kock Amanda

Posted On: 07 Mar 2013 12:31 pm

Hi ons ou drawwertjie, Ons dink baie aan jou & boer eintlik hier voor die rekenaar om 'n ietsie van jou te verneem...die fototjies is pragtig. Jy verrig absoluut wondere in die bakkende son, daardie dorre lug en jou seer voete op die woeste oppervlakte. Nog net hierdie laaste stuk...vatdit maar tree vir tree. Karoogroete Ma U en Pa G

Marie Grobler

Posted On: 07 Mar 2013 07:27 am

Wow jy is ongelooflik! Sterkte vir die 5e skof! Dink baie aan jou

Gerda Scholtz

Posted On: 07 Mar 2013 07:25 am

Jy is soooo fenominaal!! Ons is almal so dankbaar dat dit so goed gaan met jou tydens die "toughest race on the planet". Terwyl jy so supersterk is,kry ons sissies hierdie kant trane id oe met elke suksesvolle stadium.Ons gebede,gedagtes en liefde is by jou, veral met vandag se enorme skof!Gerda

Wilna de Bruyn

Posted On: 07 Mar 2013 06:53 am

Hi. Jy is amazing. Baie sterkte vd laanngg pad. Hoop jou voete en heup pla nie te veel nie. Dink aan jou. Wilna xx

Kristinet van der Westhuizen

Posted On: 07 Mar 2013 06:45 am

Teen die tyd wat jy die boodskap lees het jy die lang dag klaar gemaak!!!! woohooo!!!!!

Hettie Viljoen

Posted On: 07 Mar 2013 06:32 am

Ons is baie trots op jou dat jy so uithou en aanhou. Baie sterkte daar.

david barnard

Posted On: 07 Mar 2013 05:31 am

Hallo Amanda, jy doen fastasties en die einde is in sig. Net vasbyt deur die lang dag wat voorle. Baie baie sterkte. David

Pieter Potgieter

Posted On: 07 Mar 2013 04:38 am

Hi daar. Well done...! Meer as die hefte is verby. Baie geluk sover. Ons is vreeslik trots op jou en hoop dat die "long march" gou verby sal wees. Groete van almal, en baie sterkte. Pieter en gesin.

Dalene Barnard

Posted On: 07 Mar 2013 04:29 am

Kan jy glo dis amper verby. Jy is n supervrou baie baie geluk ek is soo bly vir jou. ook bly dat jy saam met iemand gestap het hoop jy kry ook iewers vandag n maaitjie om die aandag aftetrek. Nou moet jy diep grawe vir laaste skof ons is elke tree by jou. xx

Charles de Villiers

Posted On: 07 Mar 2013 04:06 am

Hallo Amanda! Ons dink vreeslik baie aan jou. Jy doen BAIE goed. Hou so aan! Se' vir die organiseerders hulle moet die website vinniger 'update' sodat ons vinniger nuus kan kry.. Ons kan elke dag nie wag om te hoor wat aangaan nie. Groete en liej vir jou!

04 March 2013 03:00 am (GMT+08:00) Beijing, Chongqing, Hong Kong, Urumqi

baie dankie vir al die boodskappe, jammer ekmail nie vir almal terug nie, het net 15min vir cybertent.

Dag 2 verby, eerste 20 km was baie tough, eers in die mooiste canyon – is seker 20 keerdeur die rivier, soms tot bokant die knie, en die water vloei sterk. Daarna teen ‘n reuse berg op enanderkant af teen ‘n duin. Nat skoene van die river crossing was toe ‘nlekker gemors vol sand.


Hoop dit gaan goed met julle almal, mis julle. Sal dit nooit weer alleen doen nie – ek hardloop/stap 80% van die tyd stoksiel alleen.


Gaan baie goed verder. Tot die tent raak beter, ek dink almal begin nou in-settle

groete

Comments: Total (24) comments

Pieter Moolman

Posted On: 07 Mar 2013 04:10 am

Vasbyt !

Mark Hele

Posted On: 06 Mar 2013 02:45 pm

Well done Amanda, this is just such an inspiring thing that you are doing. Keep it up, all very exciting! Best always Mark

David Barnard

Posted On: 06 Mar 2013 12:46 pm

Baie geluk met dag drie. Jy raak elke dag net beter en hopelik is jou sak al 'n bietjie ligter. Daar is net 'n paar minute tussen jou en die derde plek. Sterkte met dag vier. Stuur asb. groete aan al die bekendes.

Auriel Jackson

Posted On: 06 Mar 2013 07:04 am

You are Amazing Keep the SA flag flying high.We are with you every step of the way. From all of us at THE OFFICE..

Jody Hart

Posted On: 06 Mar 2013 06:41 am

Hi Amanda. Well done, we are really pround of you! Hang in there.

Leipoldt Visagie

Posted On: 06 Mar 2013 06:14 am

Vasbyt Amanda, jy is die "real" YSTER! Ek se of sing altyd die jeugsangbundel van voor tot agter as dinge alleen of taai raak op 'n race. Elke tree nader aan pylvak, jou kop is daar, lyf sal volg. So trots op jou, bid deurlopend vir jou. Leipoldt

Gerda Visagie

Posted On: 06 Mar 2013 05:47 am

Hi Bok jy is nie allen nie ons is saam jou in ons harte elke tree wat jy gee! Wens so ons kon daar wees om saam jou te dra en beleef! Bid so v jou ons so bitter trots op jou. Mag ons Vader jou in besonder dra en seen! Tonne liefde

Marie Grobler

Posted On: 05 Mar 2013 08:00 pm

Hi Amanda, Jy is so in ons gedagtes. Boekklub het vanaand spesiaal gekyk nou vandag se resultate. Jy doen great! Moenie dat die alleen jou onderkry nie. Stywe druk en baie liefde Marie

Charl de Kock

Posted On: 05 Mar 2013 07:49 pm

Kyk onder jou profile vir "e-mails for competitor" daar behoort ook heelwat boodskappe te wees! Sterkte, vasbyt en baie liefde Charl

Dalene Barnard

Posted On: 05 Mar 2013 06:03 pm

Jou Ystervrou! Jy doen soos ons verwag het Fantasties. Nog 1 skof dan die lange EN dan is dit alles verby kan jy glo. Ek weet dit is rof maar glo vir my dit is net spesiale mense wat dit kan doen. Vasbyt nou ons hou elke tree dop Liefde Dalene

Antoinette van der Westhuysen

Posted On: 05 Mar 2013 05:27 pm

Hi Amanda hoop dit gaan goed met Stage 3. Hoop die sak is al ligter. Hou bene hou. Liefe Antoinettexx

Amanda de Kock

Posted On: 05 Mar 2013 05:16 pm

Hi Amanda geluk met stage 1 en 2. Ons dink elke oomblik aan jou. Sterkte vir wat voorle. Vasbyt. Liefde Antoinette

Amanda de Kock

Posted On: 05 Mar 2013 05:16 pm

Hi Amanda geluk met stage 1 en 2. Ons dink elke oomblik aan jou. Sterkte vir wat voorle. Vasbyt. Liefde Antoinette

Juanita Steenekamp

Posted On: 05 Mar 2013 11:16 am

Wou sommer laat weet, ek het 'n foto van jou gekry en gepost of Facebook. Almal gaande daaroor. J

Juanita Steenekamp

Posted On: 05 Mar 2013 11:13 am

Kry sommer trane in my oe. Jy is ons eie ystervrou. Ten minste kan jy lekker dink en hoef jy nie nonsens in ander tale te praat nie. Lekker hardloop. Ons dink aan jou.

Nicola van Reene

Posted On: 05 Mar 2013 10:23 am

Hi Vriendin! Sooo trots op jou! Baie geluk met daai 3e plek. Onthou jy is nooit alleen nie, al voel dit so. Sterkte vir die volgende stage. Nicole

Fairland kerkkantoor Spannetjie

Posted On: 05 Mar 2013 08:57 am

Hello pragtige Amanda. Sterkte sterkte sterkte jy is ons hero!!! Ons volg al jou blogs en dink vreeslik aan jou! Jy is 'n amazing vrou! Well done. Hou ons op hoogte. Ons lees elke dag, en volg in jou tree opgewonde!!!!! Ons gebede is met jou. Liefde die spannetjie in die kantoor xxx

Kristinet van der Westhuizen

Posted On: 05 Mar 2013 07:47 am

dag 2 in die sakkie!! en met elke dag wat verby is, raak die sak ligter. geniet elke oomblik, voor jy jou oe uitvee is dit verby....en dan gaan jy wens daar was nog 'n dag oor. sterkte met die sardientjie tent slapery!

Hettie Viljoen

Posted On: 05 Mar 2013 07:06 am

Hallo Amanda Jy doen uitstekend! Sterkte vir die derde dag! Groete, Hettie

Wilna de Bruyn

Posted On: 05 Mar 2013 06:50 am

Hi. Baie geluk. Sien jy is derde vd vroue v stage 2. Dis amazing. Baie trots op jou. Sterkte v stage 3. Wx

Gerda Scholtz

Posted On: 05 Mar 2013 06:49 am

Jy is een fenominale vrou! Ons is so trots op jou! Jy doen uitstekend. Ons is elke tree saam met jou en dink heeltyd aan jou. Ons mis jou. Baie sterkte vir vandag.Baie liefde vir jou!

David Barnard

Posted On: 05 Mar 2013 04:44 am

Baie geluk Amanda met 'n great tweede dag. Jy doen uitstekend. Hoop die sal raak al 'n bietjie ligter. Net vasbyt.

Charles de Villiers

Posted On: 05 Mar 2013 03:47 am

Hi Amanda! Ons is baie trots op jou. Word jou rugsak darem al ligter? Voorspoed vir die volgende stages! Ons almal hier dink aan jou. Groete en sterkte

Charl de Kock

Posted On: 05 Mar 2013 03:39 am

Uitstekend my skat,dag 2 is agter die rug!! Bly om te hoor dit gaan goed. Jy mag dalk fisies lang ente alleen hardloop, maar as ek net die boodskappe hier by huis en op blog bekyk is daar baie wat tree vir tree volg. Sterkte, vasbyt ons is trots op jou! Baie liefde Charl, Charlie, Andries en almal by die huis.

03 March 2013 03:21 am (GMT+08:00) Beijing, Chongqing, Hong Kong, Urumqi

hallo uit Atacama. Dag 1 is verby! Altitude is 3300m , my rugsak is12kg en die terrein is hectic. My tyd is bitter stadig, maar ek konnie vinniger nie.
nou 40 grade, maar gisteraand was dit so koud in daai tent, ek het AL my klere en my mus en my buff aangetrek om warm te bly. Die tent is nogal n ding. 10 van ons soos sardienjies ingeryg, geen persoonlike ruimte, maar almal hou n sin vir humor.
Vandag was baie hard. More gaan seker erger wees, dan het ons baie river crossings ens.

MIs julle almal

Comments: Total (15) comments

Marlene de Villiers

Posted On: 08 Mar 2013 05:58 am

Hi Mandy, ek weet nie wanneer laas jy my laat huil het nie, maar vandag huil ek snot en trane, en dis lekker!Baie geluk, jy is n yster. Nou nog net more, en dan vir die lang pad huistoe. Ek wens ons kon hier wees as jy kom om jou bietjie te bederf, maar ons sal opmaak. Rus vandag goed uit en bou jou kragte op.Wens ek kon jou n lekker warm stort stuur! Baie liefde van Pa en Ma

Wilna De Bruyn

Posted On: 06 Mar 2013 07:55 am

Hi Dink aan jou. Sterkte met die sand en die sout panne. Weet jy kan!!! Wilna

Marlene de Villiers

Posted On: 06 Mar 2013 05:15 am

Hi Mandy,dit gaan baie goed met ons en die kids,baie soet. ons is so trots op jou ons kan ontplof! Jy oortref al my verwagtinge. pas jouself not mooi op asb. liefde van Pa ook.

Pieter Potgieter

Posted On: 06 Mar 2013 04:30 am

Ons hou al ons dime vas. Sterkte en groete.

Danie Smit

Posted On: 05 Mar 2013 04:25 am

Hi Amanda, baie mooi! Sterkte met die riviere, berge en sand; verbeel jou maar dis Northcliff se koppe, Emmarentia se water en die see se sand. Ons dink aan jou! Danie, Gerda en Lize-li

Ria Burger

Posted On: 04 Mar 2013 07:58 pm

Baie sterkte!

Juanita Steenekamp

Posted On: 04 Mar 2013 12:58 pm

Hi daar, bly om te hoor dit gaan goed. Ons volg jou elke stap. Baie sterkte. Dag 1 is verby. Hoe was die ander paar dae voor die tyd? Enige ander Suid Afrikaners? Sal more by boekclub paar oomblikke van stilte vir jou he. Groete Juanita

Dalene Barnard

Posted On: 04 Mar 2013 11:48 am

Jou Doring Dag 1 is klaar. Fantasties. Ek hoop jy onthou om dit te geniet ook. Dit is baie special en voor jy jou oe uitvee is dit verby. Ons hou jou dop en dink baie aan jou. Dalene

Hettie Viljoen

Posted On: 04 Mar 2013 10:35 am

Baie sterkte Amanda. Dit lyk of daar 'n lekker aangename gevoel onder die mense is. Dink aan jou met hierdie uitdaging. Als gaan goed hier. Groete, Hettie

David Barnard

Posted On: 04 Mar 2013 09:23 am

Baie geluk Amanda. Dag een is verby en jy doen great. Moenie worry oor die tyd nie. Ons dink aan jou en hou die race updates fyn dop. Baie sterkte vir dag twee.

Kristinet van der Westhuizen

Posted On: 04 Mar 2013 08:22 am

hi amanda, ons het saam gehardloop by Aussenkher 2 jaar terug. maak nie saak hoe vinning of stadig jy hardloop nie, solank jy net by die eindpunt uitkom. CP vir CP, vlag vir vlag! geniet hierdie ongelooflike avontuur!!! ek cheer kliphard al die pad van stellenbosch. 'n vriend van my, Andrew Espin, is ook daar. groete, kristinet

Wilna de Bruyn

Posted On: 04 Mar 2013 07:21 am

Dit klink baie tuff. Sterkte. Hoop dit gaan goed vandag. Hou bene hou!!! Wilna xx

Charles de Villiers

Posted On: 04 Mar 2013 07:02 am

Hallo Sus! Ek kan nie van die rekenaar af wegbly om te sien wat jy nou doen nie! Geniet dit......Ons weet jy gaan dit maak!

Rutendo Mamutse

Posted On: 04 Mar 2013 06:50 am

Hey Amanda - you can do this....

Mark Hele

Posted On: 04 Mar 2013 06:49 am

Well Done Amanda. Keep it up. All at HRC and VBO are rooting for you!